diff --git a/19/47 b/19/47 new file mode 100644 index 0000000..22ea821 --- /dev/null +++ b/19/47 @@ -0,0 +1,10 @@ +Vir die musiekleier. van die kinders van Korag. ʼn Psalm. +Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ʼn stem van gejubel! +Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, ʼn groot Koning oor die hele aarde. +Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete. +Hy kies vir ons ons erfdeel uit, die trots van Jakob vir wie Hy leifhet. Sela. +God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank. +Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing ons Koning, paslmsing! +Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ʼn onderwysing. +God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon. +Die edeles van die volke het vergader - ʼn volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!