From 43ec25ede860ec4f8de5a73edff7f7c93978ad31 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Thu, 14 Oct 2021 12:34:17 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 28:1-19 --- 18/28 | 19 +++++++++++++++++++ 1 file changed, 19 insertions(+) diff --git a/18/28 b/18/28 index e69de29..e47b566 100644 --- a/18/28 +++ b/18/28 @@ -0,0 +1,19 @@ +Want vir die silwer is daar 'n plek waar dit uitkom, en 'n plek vir die goud wat hulle uitwas. +Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet. +'n End maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee. +Hy breek 'n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer. +Die aarde - daar kom brood uit voort, maar daaronder word daar omgewoel soos deur vuur. +Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud. +'n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie; +waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie. +Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om. +In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge. +Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig. +Maar die wysheid - waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand? +Die mens weet sy waarde nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie. +Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie. +Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie. +Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook die kosbare onikssteen en saffier nie. +Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie. +Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale. +Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.