diff --git a/1/19 b/1/19 new file mode 100644 index 0000000..1003e8a --- /dev/null +++ b/1/19 @@ -0,0 +1,14 @@ +En die twee engele het in die aand in Sodom aangekom terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe +en gesê: Ag, menere, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voorsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal liewer op sie plein vernag. +Maar hy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle 'n maaltyd klaargemaak en ongesuurde koeke gebak, en hulle het geëet. +Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam. +En hulle het na Lot geroep en vir hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken. +Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die deur en sluit die deur agter hom toe +en sê: My broers, moet tog nie kwaad doen nie. +Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man beken het nie; laat ek dié na julle uitbring, en maak met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom. +Toe antwoord hulle: Gee pad daar! En hulle sê: Hierdie een het gekom om heir as 'n vreemdeling te vertoef en wil tog gedurig die baas speel. Nou sal ons jou meer kwaad deon as vir hulle. En hulle het sterk op die man, op Lot aangedring en nadergekom om die deur oop te breek. +Maar die manne het hulle hand uitgesteek en Lot by hulle in die huis gebring en die deur toegesluit. +Toe slaan hulle die manne wat by die deur was, klein en groot, met blindheid, sodat hulle tervegeefs na die deur gesoek het. +Daarop sê die manne vir Lot: Wie het jy hier nog? Skoonseuns en jou seuns en jou dogters en almal wat jy het in die stad - bring hulle uit die plek uit; +want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor hulle groot is voor die aangesig van die HERE, en die HERE het ons gestuur om dit te verwoes. +Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die HERE gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoonseuns soos een wat gekskeer.