From 55e907384cace6df787f6061ff75c3a1aea36173 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Thu, 28 Jul 2022 15:31:01 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 16:1-11 --- 19/16 | 11 +++++++++++ 1 file changed, 11 insertions(+) create mode 100644 19/16 diff --git a/19/16 b/19/16 new file mode 100644 index 0000000..85a2871 --- /dev/null +++ b/19/16 @@ -0,0 +1,11 @@ +'n GEDIG van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek. +Ek het vir die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie. +Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is. +Die smarte van hulle wat 'n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie. +Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot. +Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja my erfenis is vir my mooi. +Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my. +Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie. +Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon; +want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgennot verderwing sien nie. +U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.