diff --git a/1/15 b/1/15 new file mode 100644 index 0000000..5bdd3cf --- /dev/null +++ b/1/15 @@ -0,0 +1,21 @@ +Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot. +Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee aangesien ek sonder kinders heengaan, en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is? +Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende an my huis my erfgenaam wees. +Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. +Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. +En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken. +Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Galdeërs om jou hierdie land in besit te gee. +En hy sê: Here HERE , waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem? +En Hy antwoord hom: Neem vir My 'n driejaaroud-vers en 'n driejaaroud-bokooi en 'n tortelduif en 'n jong duif. +En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. +Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. +En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram; en skrik en groot duisternis het hom oorval. +Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. +Maar Ek sal ook oordeel die nasie aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. +Maar jý sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. +En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. +En ná son-onder, toe dit heeltemaal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis duer. +Op dié dag het die HERE met Abram 'n verbond gemaak en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: +die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete +en Hetiete en Feresiete en Refaїete +en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.