From aabfac233c11a40dc42176ac3657c2e7060c34e0 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Tue, 16 Nov 2021 15:43:16 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 36:1-15 --- 18/36 | 15 +++++++++++++++ 1 file changed, 15 insertions(+) diff --git a/18/36 b/18/36 index e69de29..031e75f 100644 --- a/18/36 +++ b/18/36 @@ -0,0 +1,15 @@ +En Elíhu het voortgegaan en gesê: +Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot die eer van God. +Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf. +Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u. +Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie - geweldig deur krag van verstand. +Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg. +Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is. +Maar as hulle in ketting geklink is, gevang word in bande van ellende, +dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was; +dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid. +As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dade deur in voorspoet en hul jare in aangenaamheid. +Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis. +Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie. +So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns. +Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.