From e8d7a1d26055765dbeab00223367f8d6f078d6a8 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Jun 2022 14:09:10 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 10:1-18 --- 19/10 | 18 ++++++++++++++++++ 1 file changed, 18 insertions(+) create mode 100644 19/10 diff --git a/19/10 b/19/10 new file mode 100644 index 0000000..59003ad --- /dev/null +++ b/19/10 @@ -0,0 +1,18 @@ +o HERE, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid? +In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die lustige planne wat hulle uitgedink het! +Want die goddelose juig oor die begeerte van van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE. +Die goddelose, met sy neus in die hoogte, ondersoek glad nie: daar is geen God nie, dit is al sy gedagtes! +Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders - hy blaas op hulle. +Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie. +Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tog is moeite en onreg. +Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige. +Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek; +hy verbrysel hom. Hy duik weg, en die ongelukkiges val in sy mag. +Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; Hy sien dit vir ewig nie. +Staan op, HERE! o God, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie! +Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: U soek dit nie? +U het dit gesien; want U aanskou die moete en verdriet, sodat 'n mens dit in u hand sal gee. Aan u gee die ongelukige dit oor; Ú was 'n helper van die wees. +Verbreek die arm van die goddelose en slegte; soek sy goddeloosheid totdat U niks vind nie! +Die HERE is koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land. +HERE, U het die begeertes van die sagmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister +om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.