forked from getBible/Afrikaans-1933
11 lines
828 B
Plaintext
11 lines
828 B
Plaintext
|
Vir die musiekleier. ʼn Psalm van Dawid.
|
||
|
Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!
|
||
|
Mag hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!
|
||
|
Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.
|
||
|
Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!
|
||
|
Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!
|
||
|
Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
|
||
|
Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar ons sal roem op die Naam van die HERE onse God.
|
||
|
Húlle het inmekaargesak en geval, maar όns het opgestaan en ons weer opgerig.
|
||
|
HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!
|