Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van die HERE want hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het hy in die see gewerp.
Die HERE is my krag en my psalm, en hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my Vader, Hom sal ek verhef.
En in u hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos ʼn stoppel.
En deur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestawel, die strome het bly staan soos ʼn wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see.
Verskriking en vrees het hulle geval; duer die grootheid van u arm was hulle stom soos ʼn klipterwyl u volk deurtrek, HERE, terwyl di evolk deurtrek wat u verwerf het.
U bring hulle in en plant hulle op die bergland van u erfenis, die plek, o HERE wat U as vaste woonplek vir U berei het, die heiligdom wat u hande gestig het, o HERE!
Die HERE sal regeer vir ewig en altoos.
Want Farao en sy ruiters, het in die see ingegaan, en die HERE het die waters van die see op hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek.
En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het ʼn tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar ann, met tamboeryne en koordanse.
En Mirijam het hulle al singend geantwoord: Sing tot eer van die HERE want hy is hoog verhewe. Hy het die perd en sy ruiter in die see gewerp.
Daarop laat Moses die Israeliete van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.
En hulle het by Mara gekom, maar kon di ewater van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek die Mara.
Toe murmereer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?
En hy het die HERE aangeroep en diE HERE het hom ʼn stuk hout gewys; en hy het dit in die waters gegooi, en die water het soet geword. Daar het hy vir hulle ʼn insetting en verordenig vasgestel en daar hulle beproef
en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luisteren doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Eh=gipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.
Daarop het hulle by Elim gekom waar twaalf waterfonteineen sewentig palmbome was. EN hulle het daar by die water laer opgeslaan.