Kom, laat ons ʼn slim plan teen hulle maak, sodat hulle nie kan vermeerder nie; en as daar oorlog voorkom, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie.
Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou.
Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer hulle vermenigvuldig en uitbrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.
en hulle lewe bitter gemaak deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye-al dié werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.
en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by ʼn geboorte help, dan moet julle na die geboortestoel kyk: as dit ʼn seun is, maak hom dood; maar is dit ʼn dogter, laat haar lewe.
Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe?
En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk-voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar.