Van die stortbui van die brege word hulle nat; en by die gebrek aan skuiling druk hulle teen die rotse vas.
Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het verpand hulle.
Nakend gaan hulle heen, sonder klere en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan.
Tussen die mure van dié mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors.
Uit die sand kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdhied daarvan nie.-
Sulkes behoort by die vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie.
Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief.
En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit 'n sluier voor sy gesig.
In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken die lig nie.
Wan tvir hulle saam is die stikdonker 'n môresond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker.
Hy is gou op die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hy begeef hom nie meer op pad na die wingerde nie.
Droogte, ook hitte, roof die sneeuwater weg - so die doderyk die wat gesondig het.
Die moederskoot vergeet hom; die wurm eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout-
hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie en aan die weduwee geen weldaad bewys nie.
En Hy laat deur sy krag die magtiges lank lewe; hy staan weer op wat al van sy lewe nie seker was nie.
God gee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë.
Hulle het hul verhef - 'n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word gebuig; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van 'n aar word hulle afgesny.
En is dit nou nie so nie, wie sal my van 'n leun beskuldig en my rede tot niet maak?