2022-10-26 12:03:13 +02:00
|
|
|
Vir die musikleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun." ʼn Psalm van Dawid.
|
2022-06-25 14:07:28 +02:00
|
|
|
Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.
|
|
|
|
In U wil ek bly wees en juig; ek wil u Naam psalmsing, o Allerhoogste,
|
|
|
|
omdat my vyhande agteruitwyk, struikel en omkom van u aangesig af weg.
|
|
|
|
Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gesit op die troon, o regverdige regter!
|
|
|
|
U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.
|
|
|
|
Die vyhand het omgekom - puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja dié het vergaan.
|
|
|
|
Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.
|
|
|
|
En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
|
2022-10-26 12:03:13 +02:00
|
|
|
So is die HERE dan ʼn rotsvesting vir die verdrukte, ʼn rotsvesting in tye van benoudheid.
|
2022-06-25 14:07:28 +02:00
|
|
|
En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!
|
|
|
|
Psalmsing die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.
|
|
|
|
Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.
|
|
|
|
Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;
|
|
|
|
sodat ek al u roemryke dade kan vertel in die poorte van die dogter van Sion, dat ek kan juig oor u heil.
|
|
|
|
Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.
|
|
|
|
Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajōn. Sela.
|
|
|
|
Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.
|
|
|
|
Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.
|
|
|
|
Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word!
|
|
|
|
o HERE, jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela.
|