En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Toe het Abram weggetrek soos die Here hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.
En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hul besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom.
En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by die eikeboom van More. Die Kanaäniete was toe in die land.
Daarop verskyn die Here aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ʼn altaar vir die Here wat aan hom verskyn het.
En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte ood van Betel en sy tent opgeslaan tussen Betel aan die weste - en Ai aan die oostekant, en daar vir die Here ʼn altaar gebou en die Naam van die Here aangeroep.
Daarna het Abram al verder na die Suidland weggetrek.En daar was hongersnood in die land, sodat Abram moes aftrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.
En daar was hongersnood in die land, sodat Abram moes aftrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.