en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Usel af; want deer is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra sodat U nie miskien u voet teen ʼn klip stamp nie.
En terwyl Jesus langs die meer van Galiléa loop, sien Hy twee broers Simon wat genoem word Petrus, en Andréas sy broer, besig om ʼn net in die meer uit te gooi; want hulle was vissers.
En Hy sê vir hulle: Kom hier agter My aan en Ek sal jalle vissers van mense maak.
En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.
En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus die sien van Sebedéüs, en Johannes,sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebedéüs, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.
En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.
En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
En die gerugte van Hom het versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en aansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.
En groot menigtes hetm Hom gevolg van Galiléa en Dekápolis en Jerusalem en Judéa en van oorkant die Jordaan af.