Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ʼn volle loon ontvang.
Elkeen wat ʼn oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Hy wat in die leer van Christus b;y, hý het die Vader sowel as die Seun.
As iemand na julle kom en nie hierdie leer bring nie, ontvang hom nie in die huis en groet hom nie.
Want die een wat hom groet het gemeenskap aan sy bose werke.
Alhoewel ek baie het om aan hulle te skrywe, wou ek dit nie met papeir en ink doen nie, maar ek hoop om na julle te kom en vna mond tot mond te spreek, sodat ons blydskap volkome kan wees.
Die kinders van u uitverkore suster groet u. Amen.