2021-11-16 13:43:16 +00:00
|
|
|
En Elíhu het voortgegaan en gesê:
|
2022-10-03 14:39:09 +00:00
|
|
|
Wag ʼn bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God.
|
2021-11-16 13:43:16 +00:00
|
|
|
Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.
|
|
|
|
Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.
|
|
|
|
Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie - geweldig deur krag van verstand.
|
|
|
|
Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.
|
|
|
|
Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.
|
2022-10-03 14:39:09 +00:00
|
|
|
Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,
|
2021-11-16 13:43:16 +00:00
|
|
|
dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;
|
|
|
|
dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.
|
2022-10-03 14:39:09 +00:00
|
|
|
As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.
|
2021-11-16 13:43:16 +00:00
|
|
|
Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.
|
|
|
|
Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.
|
|
|
|
So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.
|
|
|
|
Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.
|
2022-10-03 14:39:09 +00:00
|
|
|
So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na ʼn onbeperkte ruimte, en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspyse.
|
2021-11-17 13:48:29 +00:00
|
|
|
Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig hou u vas.
|
|
|
|
Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.
|
|
|
|
Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?
|
|
|
|
Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.
|
|
|
|
Neem u in ag, wend u nie na ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.
|
2022-10-03 14:39:09 +00:00
|
|
|
Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is ʼn leermeester soos Hy?
|
2021-11-17 13:48:29 +00:00
|
|
|
Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?
|
|
|
|
Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.
|
2022-10-03 14:39:09 +00:00
|
|
|
Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.
|
2021-11-17 13:48:29 +00:00
|
|
|
Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.
|
2022-10-03 14:39:09 +00:00
|
|
|
Want Hy trek waterdruppels nader; hulle sif by sy mistige weer as reën
|
2021-11-17 13:48:29 +00:00
|
|
|
wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.
|
|
|
|
Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?
|
|
|
|
Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.
|
|
|
|
Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed.
|
|
|
|
Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.
|
2022-10-03 14:39:09 +00:00
|
|
|
Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.
|