Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee aangesien ek sonder kinders heengaan, en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?
Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende an my huis my erfgenaam wees.
Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.
Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.
En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Galdeërs om jou hierdie land in besit te gee.
En hy sê: Here HERE , waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?
En toe die son wou ondergaan, val daar ʼn diepe slaap op Abram; en skrik en groot duisternis het hom oorval.
Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ʼn land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank.
En ná son-onder, toe dit heeltemaal donker was, gaan daar ʼn rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis duer.
Op dié dag het die HERE met Abram ʼn verbond gemaak en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: