Voeg by Genesis 49:1-12

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2023-09-11 20:37:48 +02:00
parent 8a749fd628
commit 27bfd099ca
Signed by: Hannah
GPG Key ID: 9CB1EF9F164C66A9
1 changed files with 12 additions and 0 deletions

12
1/49 Normal file
View File

@ -0,0 +1,12 @@
Daarna het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar.
Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na Israel, julle vader!
Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!
Opbruising soos van waters - jy sal die vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader beklim; toe het jy dit ontheilig. Hy het my bed beklim.
Símeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld.
Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul toorn het hulle manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle beeste vermink.
Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig, en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel onder Jakob en hulle verstrooi onder Israel.
Juda, jy is dit! Jόu sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.
Juda is ʼn jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos ʼn leeuwyfie; wie sal hom opjaag?
Die septer sal van Juda nie wyk nie, nόg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en Hom sal die volke gehoorsaam wees.
Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy esel aan die edelste wynstok; hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed.
Hy is dof van oë deur wyn en wit van tande deur melk.