From 4849dddb78e7971ddf6d0e7a42ebc83c28991a7c Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Hannah van der Merwe Date: Tue, 1 Nov 2022 21:40:33 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Genesis 41:23-32 --- 1/41 | 8 ++++++++ 1 file changed, 8 insertions(+) diff --git a/1/41 b/1/41 index 21de404..eb70073 100644 --- a/1/41 +++ b/1/41 @@ -22,3 +22,11 @@ die het in hulle maag ingegaan, maar ʼn mens kon nie merk dat hulle in hul maag Darna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe vol en mooi are skiet op aan een steel. En ná hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroeid was; en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. En ek het dit aan die toewenaars meegedeel, maar niemand kon my inligting gee nie. +Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee. +Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; een droom is dit. +En die sewe maer en lelike koeie wat na hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal sewe jaar vna hongersnood wees. +Dit is die woord wat ek vir Farao gesê het - wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien. +Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Egipteland; +maar daarna sal sewe jaar van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hondersnood sal die land verteer. +En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees. +En wat betref dat die droom tweemaal vir Farao herhaal is - dit is omdat die saak duer God vas besluit is en God dit gou sal doen.