Voeg by Genesis 46:1-18

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2023-07-04 22:33:58 +02:00 committed by Llewellyn
parent a9184e9a35
commit 5bc382737a

18
1/46 Normal file
View File

@ -0,0 +1,18 @@
En Israel het weggetrek met alles wat hy had, en in Berséba gekom; en hy het offerandes gebring aan die God van sy vader Isak.
En God het Israel toegespreek in naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek!
Toe sê Hy: Ek is God, die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar ʼn groot nasie maak.
Ek sal saam met jou aftrek na Egipte en Ek sal jou gewis ook opbring; en Josef sal jou oë toedruk.
Daarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.
En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kanaän verwerf het en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:
sy seuns en sy kleinseuns saam met hom; sy dogters en kleindogters en sy hele geslag het hy saam met hom in Egipte gebring.
En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het - Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.
En die seuns van Ruben: Hanog en Pallu en Hesron en Karmi.
En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänietiese vrou.
En die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.
En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela an Peres en Serag. En Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.
En die seuns van Íssaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.
En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en Jágleël.
Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie en dertig.
En die seuns van Gad: Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Arόdi en Areëli.
En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël.
Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar.