Voeg by Genesis 26:4-11

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2022-01-11 11:57:18 +02:00 committed by Gitea
parent 189ee5bff4
commit 649abd902a

8
1/26
View File

@ -1,3 +1,11 @@
En daar wsa 'n hongersnoot in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar.
En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal wys.
Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie land gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek jou vader Abraham gesweer het.
En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag hierdie land gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word;
omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
So het Isak dan in Gerar gebly.
En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, aantwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou - anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien dood maak terwille vir Rebekka; want sy was mooi van aansien.
En toe hy al 'n lang tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, duer 'n venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou.
Daarop roep Abiméleg Isak en sê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ek het gedink, ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!
En Abimëleg sê: Wat het jy ons aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad, en jy 'n skuld oor ons gebring het!
Daarop gee Abimëleg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik doodgemaak word.