Merge pull request 'Voeg by Johannes 6' (#150) from Jana/Afrikaans-1933:Johannes into master

This commit is contained in:
Jana 2023-05-29 15:26:38 +02:00 committed by Gitea
parent cf703aa6a1
commit 7748fcc543
1 changed files with 71 additions and 0 deletions

71
43/6 Normal file
View File

@ -0,0 +1,71 @@
Daarna het Jesus na die oorkant van die meer van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan;
en 'n groot menigte het Hom gevolg, omdat hulle sy tekens gesien het wat Hy aan die siekes doen.
En Jesus het op die berg geklim en daar met sy disiepels gaan sit.
En die pasga, die fees van die Jode, was naby.
Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat 'n groot menigte na HOm kom. sê Hy vir Filippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?
Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, wan t Hy het self geweet wat Hy sou doen.
Filippus antwoord Hom: Brood vir twee honderd pennings sal nie genoeg wees vir hulle, sodat elkeen van hulle 'n stukkie kan kry nie.
Een vir sy disiepels, Andréas, Simon Petrus se broer, sê vir Hom:
Hier is 'n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense?
En Jesus sê: Laat die mense gaan sit. En daar was baie gras op die plek. Die manne het toe gaan sit, omtrent vyf duisend in getal.
En Jesus het die brode geneem, en en nadat Hy gedank het, deel Hy dituit aan die disiepels en die disiepels aan die wat daar sit; so ook van die vissies-soveel as hulle wou hê.
En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy disiepels: Maak die stukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.
Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandtjies gevul met stukke van die garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het.
Toe die mense dan die tekens sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.
En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning the maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen.
En toe dit aand was, het sy disiepels afgegaan na die meer.
En nadat hulle in die skuit geklim het, het hull oor die meer gevaar na Kapérnaüm; en dit was al donker, en Jesus het nie by hulle gekom nie.
En die meer was onstuimig, omdat 'n sterk wind gewaai het.
En toe hulle omtrent drie of vier myl geroei het, sien hulle Jesus op die meer loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword.
Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie skrik nie.
Toe was hulle gewillig om Hom in die skuit te neem, en dadelik het die skuit by die land aangekom waar hulle na toe gaan.
Die volgende dat sien die skare wat oorkant die meer gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy disiepels alleen weggevaar het.
Maar ander skuite het van Tibérias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het.
Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en dy disiepels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kapérnaüm gegaan om Jesus te soek.
En toe hulle Hom oorkant die meer kry, sê hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het U hier gekom?
Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.
Moenie werk vir die spyse wat vergaan nie, maar vir die spyse wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.
Toe sê hulle vir Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
Jesus antwoord en sê vir hulle: Dit is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
En hulle sê bir Hom: Watter tekens doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk doen U?
Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.
En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.
Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.
Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.
En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
Maar Ek het vir jullle gesê sat julle My gesien het en tog glo julle nie.
Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
Want Ek het uit die neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van die Hom wat My gestuur het.
En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en E sal hom opwek in die laaste dag.
Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.
En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?
En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie.
Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laste dag.
Dit is geskrywe in die Profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.
Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom; Hy het die Vader gesien.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, sien in My glo, het die ewige lewe.
Ek is die brood van die lewe.
Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.
Dit is die brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe vand ie wêreld sal gee.
Die Jode stry toe met mekaar en sê: Hoe kan Hy vir ons sy vlees gee om te eet?
En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
Hy wat my blees eet en my bloed dtink nie, het julle geen lewe in jullleself nie.
Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.
Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My, en Ek in hom.
Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
Dit is die brood wat uir die neergedaal het-nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.
Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy in Kapérnaüm onderrig gegee het.
En baie van sy disiepels het gesê to hulle hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
En Jesus het in Homself geweet dat sy disiepels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot 'n aanstoot?
Hoe dan as julle die Seun van die mens sien opvaar waar Hy tevore was?
Dit is die Gees wat lewendig maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek vir julle sê, is gees en is lewe.
Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.
En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê, dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur ndie Vader gegee is nie.
Hieroor het baie van sy disiepels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.
Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?
En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.
Jesus antwoord nhulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel!
En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun vans Simon; want hy sou Hom verraai-hy wat een van die twaalf was.