From 991ba60f8a59af87d1df21909ce20bbe31f63b6b Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Hannah van der Merwe Date: Thu, 10 Nov 2022 09:00:13 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Genesis 43:1-10 --- 1/43 | 10 ++++++++++ 1 file changed, 10 insertions(+) create mode 100644 1/43 diff --git a/1/43 b/1/43 new file mode 100644 index 0000000..a59cdc4 --- /dev/null +++ b/1/43 @@ -0,0 +1,10 @@ +En die hongersnood was swaar in die land. +En nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer ʼn bietjie voedsel. +Toe antwoord Juda hom: Die man het ons uitdruklik gewaarsku en gesê: Julle sal my aangesien nie sien as julle broer nie by julle is nie. +As u ons broer saam met ons stuur, sal ons aftrek en vir u voedsel koop; +maar as u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie; want die man het ons verseker: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie. +Toe vra Israel: Waarom het julle so verkeerd teen my gehandel om die man te vertel dat julle nog ʼn broer het? +En hulle antwoord: Die man het uitdruklik na ons famielie gevra met die woorde: Lewe julle vader nog? Het julle nog ʼn broer? Toe het ons hom dit te kenne gegee volgens hierdie woorde. Kon ons dan ooit weet dat hy sou sê: Bring julle broer af? +Daarop sê Juda vir sy vader Israel: Stuur die seun saam met my; dan sal ons klaarmaak en wegtrek, sodat ons kan lewe en nie sterwe nie - ons en ook u en ons kinders nie. +Ék sal vir hom borg wees; van my hand kan u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u skuldig staan. +Ja, as ons nie getalm het nie, waarlik dan was ons nou al tweemaal terug.