forked from getBible/Afrikaans-1933
Voeg by Job 39:8-38
This commit is contained in:
parent
e884462252
commit
ef3084b08d
31
18/39
31
18/39
@ -5,3 +5,34 @@ Weet jy die tyd as die steenbokke van die berge lam? Neem jy dit waar as die tak
|
|||||||
Tel jy die maande wat julle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?
|
Tel jy die maande wat julle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?
|
||||||
Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort - weg is hulle weë!
|
Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort - weg is hulle weë!
|
||||||
Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
|
Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
|
||||||
|
Wie het die wilde eselso vry laat loop? En wie het di ebander van die sebra losgemaak?
|
||||||
|
Vir hom het ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.
|
||||||
|
Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.
|
||||||
|
Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is soek hy uit.
|
||||||
|
Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
|
||||||
|
Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?
|
||||||
|
Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?
|
||||||
|
Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?
|
||||||
|
Die vlerk van die volstrius klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?
|
||||||
|
Want sy laat haar eiers op die grond lê en maak hulle warm op die grond;
|
||||||
|
en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld kan dit vertrap.
|
||||||
|
Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs - sy is nie bekommerd nie.
|
||||||
|
Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.
|
||||||
|
Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.
|
||||||
|
Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?
|
||||||
|
Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.
|
||||||
|
Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.
|
||||||
|
Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
|
||||||
|
Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
|
||||||
|
Onstuimig en wild veslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
|
||||||
|
By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.
|
||||||
|
Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?
|
||||||
|
Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?
|
||||||
|
Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.
|
||||||
|
Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte.
|
||||||
|
Ook slup sy keintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy.
|
||||||
|
En die HERE het Job geantwoord en gesê:
|
||||||
|
Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!
|
||||||
|
Toe het Job die HERE geantwoord en gesê:
|
||||||
|
Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond.
|
||||||
|
Eenmaal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja tweemaal, maar ek sal nie voortgaan nie.
|
||||||
|
Loading…
Reference in New Issue
Block a user