forked from getBible/Afrikaans-1933
19 lines
1.6 KiB
Plaintext
19 lines
1.6 KiB
Plaintext
Sjiggajōn van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet.
|
|
HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;
|
|
sodat hy nie soos 'n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.
|
|
HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,
|
|
as ek hom kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was)-
|
|
mag die vyhand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela.
|
|
Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!
|
|
En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!
|
|
Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my vroomheid wat by my is.
|
|
Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n end kry, maar bevestig U die regverdige, ja U wat die harte en niere toets, o regverdige God!
|
|
My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.
|
|
God is 'n regverdige regter en 'n God wat elke dag toornig is.
|
|
As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee
|
|
en maak vir hom dodelike werktuie klaar; Hy maak sy pyle brandende wapens.
|
|
Kyk, hy is in barensweë van onregen en is swanger van moeite; hy baar leuens.
|
|
Hy het 'n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het.
|
|
Sy moeite keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer.
|
|
Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.
|