2021-10-27 12:50:46 +02:00
|
|
|
Ek het 'n verbond gemaak met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou?
|
|
|
|
Want tog is die lot van God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes? -
|
|
|
|
Is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?
|
|
|
|
Sien Hý nie my weë, en tel Hy nie al my voetstappe nie?
|
|
|
|
As ek met leuns omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:
|
|
|
|
laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my vroomheid kan weet!
|
|
|
|
As my gang afgewyk het van die weg, en my hart agter my oë aangegaan het, en aan my hande 'n vlek kleef -
|
|
|
|
laat my dan saai en 'n ander een eet, en my uitspruitsels ontwortel word.
|
|
|
|
As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste -
|
|
|
|
laat dan my vrou vir 'n ander een maal en ander hulle oor haar buig.
|
|
|
|
Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad.
|
|
|
|
Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbringste sou ontwortel.
|
|
|
|
As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil gehad het met my -
|
|
|
|
wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen?
|
|
|
|
Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?
|
|
|
|
As ek die armes 'n versoek geweier het, en die oë van die weduwee laat versmag het;
|
|
|
|
en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;
|
|
|
|
(veelmeer het hy van my jeug af by my groot geword soos by 'n vader, en van my moeder se skoot af het ek haar gelei!)
|
|
|
|
as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;
|
|
|
|
as sy lende my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel vna my lammers nie;
|
|
|
|
as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het -
|
|
|
|
laat dan my skouer van die nek afval en my arm van die pyp afgebreek word.
|
2021-10-29 13:02:34 +02:00
|
|
|
Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my: en weens sy hoogheid was ek onmagtig.
|
|
|
|
As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!
|
|
|
|
as ek bly gewees het, ondat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;
|
|
|
|
as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn, en die maan wat so pragtig daarheen gaan,
|
|
|
|
en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand 'n kus toegewerp het -
|
|
|
|
ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.
|
|
|
|
As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;
|
|
|
|
(ja ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig nie, om deur 'n vloek sy lewe te vorder nie!)
|
|
|
|
as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspyse nie versadig is nie?
|
|
|
|
Die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe.
|
|
|
|
As ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,
|
|
|
|
omdat ek bang was vir die groot menigte, en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie -
|
|
|
|
ag, as iemand my maar wou aanhoor! kyk heir my handtekening (laat die Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het -
|
|
|
|
waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans.
|
|
|
|
Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom.
|
|
|
|
As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;
|
|
|
|
as ek sy obrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaar uitgeblaas het -
|
|
|
|
laat dan disels inplaas van koring uitspruit en onkruid inplaas van gars. Hier eindig die woorde van Job.
|