Toe het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en vir hulle gesê: Dit is die woorde wat die HERE beveel het, om dit te doen:
Ses dae lank kan daar werk gedoen word, maar op die sewende dag moet daar vir julle ʼn heilige, ʼn dag van volkome rus wees tot eer van die HERE. Elkeen wat daarop werk doen, moet doodgemaak word.
Neem van julle besittings ʼn offergawe aan die HERE. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die HERE: goud en silwer en koper;
En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die HERE gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;
die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed gebring. En elkeen wat ʼn offer van goud aan die HERE gewy het,
en elkeen wat in besit was van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhare en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.
Elkeen wat ʼn offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van die HERE gebring; en elkeen wat akasiahout besit het wat orals by die werk kon gebruik word, het dit gebring.
En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin, en wat gespin was, gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.
en die speserye en die olie vir die kandelaar en vir die salf-olie en vir die reukwerk van speserye.
Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat die HERE deur Moses beveel het om te maak-as vrywillige offergawe aan die HERE het die kinders van Israel dit gebring.
Daarop het Moses vir die kinders van Israel gesê: Kyk, die HERE het Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;
Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van ʼn ambagsman en ʼn kunstenaar en van ʼn bewerker van veelkleurige goed-pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne-en van ʼn wewer-hulle wat allerhande werk moes maak en kunstige planne moes uitdink.