From 54536ca251fce9fe08f91577f37d9a07672542db Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Hannah van der Merwe Date: Sat, 25 Sep 2021 17:36:02 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Genesis 13 --- 1/13 | 18 ++++++++++++++++++ 1 file changed, 18 insertions(+) create mode 100644 1/13 diff --git a/1/13 b/1/13 new file mode 100644 index 0000000..07d5d59 --- /dev/null +++ b/1/13 @@ -0,0 +1,18 @@ +So het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom. +En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud. +En hy het van plek tot plek uit die suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai, +na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gemaak het. En Abram het daar die naam van die HERE aangeroep. +En Lot wat saam met Abram getrek het, had ook kleinvee en beeste en tente. +En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie. +En daar was twis tusen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon. +Toe sê Abram en Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers. +Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan gaan jy regs, dan sal ek links gaan. +Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jardaanstreek orals volop water het; voordat die HERE Sodom en Gemorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland. +En Lot kies vir hom die hele Jordaanstreek, en Lot het na die ooste weggetrek. so het hulle dan die een van die ander geskei. +Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die jardaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan. +En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE. +En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste; +want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid. +En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word. +Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee. +Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die eikebome van Mamre, wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE 'n altaar gebou.