Voeg by Job 41:1-25

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-11-30 16:47:27 +02:00 committed by Gitea
parent 1dc834a806
commit 969332d301

25
18/41
View File

@ -0,0 +1,25 @@
Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor my aangesig sou standhou?
Wie het erste aaan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.
Ek wil nie swyg oor sy lede nie, en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie.
Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbel gebit - wie kan daarin deurdring?
Die deur van sy gesig - wie het dit oopgemaak? Rondom sy tande is verskrikking.
'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseëld met 'n vaste seël.
Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie.
Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar.
Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad.
Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit.
Uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n kokende pot met biesiesvuur daarby.
Sy asem laat kole ontvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond.
In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis.
Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik.
Sy hart is hard soos 'n klip, ja hard soos die onderste meulsteen.
As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself.
Raak iemand hom met die swaard - dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.
Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het.
Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels.
Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gedril van die lans.
Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei 'n ware dorsslee uit op die modder.
Hy laat die diepte kook soos 'n pot; die waterplas maak hy soos 'n kokende salfpot.
Agter hom verlig hy die pad: 'n mens sou die watervleod aansien vir grys hare.
Sy gelyke is daar or aarde nie, die skepsel sonder vrees.
Hy kyk alles wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.