diff --git a/18/33 b/18/33 index 9981480..69925ba 100644 --- a/18/33 +++ b/18/33 @@ -11,3 +11,23 @@ Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyhandskap teen my; Hy hou vir my 'n vyhand van Hom Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie. - Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as 'n mens. Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie? +Want God spreek op een, ja op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. +In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op 'n mense val, tydens sluimeringe op die bed; +dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle; +om die men terug te hou van die onderneming en trotsheid vir die man te verberg; +sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie. +Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente; +sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspyse. +Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit. +Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die doodsengele. +Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee; +en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind - +dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid. +Hy bid tot God, en Dié het 'n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld hy dan aan die mens sy geregtigheid. +Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie. +Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig. +Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja drie keer met 'n mens +om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe. +Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ék sal spreek. +As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee. +So nie, luister ú dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.