forked from getBible/Afrikaans-1933
Voeg by Job 19
This commit is contained in:
parent
4b54aabb52
commit
d67aacadc5
29
18/19
Normal file
29
18/19
Normal file
@ -0,0 +1,29 @@
|
||||
Maar Job het geantwoord en gesê:
|
||||
Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?
|
||||
Nou tienmaal al doen julle my smaadhied aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.
|
||||
En het ek my ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.
|
||||
As julle werklik julle teen my groot maak en teen my my smaadhied wil bewys,
|
||||
weet dan dat Gόd my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.
|
||||
As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.
|
||||
Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.
|
||||
My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem.
|
||||
Hy werp my aan alle kante omver, en - daar gaan ek! en Hy het my verwagting uitgeruk soos ʼn boom.
|
||||
Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as sy vyand.
|
||||
As een man kom sy skare aan en baan ʼn pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.
|
||||
My broeders het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword.
|
||||
My nabestandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.
|
||||
My huismense en my slavinne hou vir my ʼn vreemde; ʼn onbekende het ek geword in hulle oë.
|
||||
Ek roep my slaaf, maar hy aantwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.
|
||||
My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.
|
||||
Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.
|
||||
Al my vertroude vriende het ʼn afsku van my; en die wat ek liefhet, het teen my gedraai.
|
||||
My gebeente kleef aan my val en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ondsnap.
|
||||
Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!
|
||||
Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?
|
||||
Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ʼn boek opgeteken word-
|
||||
met ʼn ystergriffel en lood - vir altyd in ʼn rots ingekap!
|
||||
Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
|
||||
En nadat dit alles my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;
|
||||
Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë - en geen vreemde nie - sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.
|
||||
As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is!-
|
||||
vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien; sodat julle kan weet dat daar ʼn oordeel is.
|
Loading…
Reference in New Issue
Block a user