forked from getBible/Afrikaans-1933
Voeg by Genesis 35:11-29
This commit is contained in:
parent
c7891bc4df
commit
ecf7a208de
19
1/35
19
1/35
@ -8,3 +8,22 @@ en hy het daar ʼn altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan
|
||||
En Debora, die oppaster van Rebbeka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween.
|
||||
Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;
|
||||
en God sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.
|
||||
Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ʼn Nasie, ja ʼn menigte van nasies, sal van jou afstam wees, en konings sal uit jou lende voortkom.
|
||||
En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.
|
||||
Toe het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.
|
||||
En Jakob het ʼn gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, ʼn gedenksteen van klip, en daarop ʼn drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.
|
||||
En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het, Bet-el genoem.
|
||||
Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog ʼn kort end pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het swaar gehad by die bevalling.
|
||||
En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want jy het ook dié keer ʼn seun.
|
||||
En toe haar siel uitgaan - want sy het gesterwe - noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.
|
||||
So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem.
|
||||
En Jakob het ʼn gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.
|
||||
En Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die anderkant van Migdal-Eder.
|
||||
En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se bywyf, gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.
|
||||
Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Sébulon.
|
||||
Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.
|
||||
En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.
|
||||
En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
|
||||
En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak.
|
||||
En die dae van Isak was honderd en tagtig jaar.
|
||||
En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.
|
||||
|
Loading…
Reference in New Issue
Block a user