Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.
En Job het begin en gesê:
Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: ʼn Seun is ontvang.
Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.
Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, ʼn wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.
Daardie nag - mag donkerheid hom wegdruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.
Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.
Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits.
Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, Maar tervergeefs, en die oorlede van die dageraad nie sien nie.
Omdat hy vir my nie toegeslut het die deure van die moederskoot nie en moete vir my oë verberg het nie.
Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?
Waarom het die knee my teegekom? en waarom borste, dat ek moes drink?
Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,
saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;
of saan met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silver geful het.
Of sou, soos ʼn weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie - soos kinders wat nie lig gesien het nie.
Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.
Die gevangene is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.
Klen en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.
Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe vat virbittered is van siel?
wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as verborge skatte?
wat bly sou wees met gejuig, hulle sou virheug as hulle die graf kon vind?
Waarom gee hy lig aan ʼn man wie se weg verborge is, ʼn man wat deur God in alle kante ingesluit is?
Want soos my brood, kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.
As ek its vreesliks vrees, kom dit oor my; en waar ek voor bang is, kom na my toe.
Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kon die onrus!