En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ʼn stad bou en ʼn toring waarvan die punt aan die hemel raak; en laat ons vir ons ʼn naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
Toe kom die HERE af om die stad en die toring te besien wat die mensekinders aan't bou was.
En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.
Dit is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar ná die vloed.
En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.
En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en hulle het saam met hulle uit Ur van die Galdeërs getrek om te gaan na die land Kanaän. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.
En die dae van Tera was twee honderd en vyftig jaar, en Tera het in Haran gesterwe.