Afrikaans-1933/40/9

14 lines
1.5 KiB
Plaintext
Raw Normal View History

2023-02-28 15:36:58 +00:00
En nadat hy in die skuit geklim het, het Hy oorgevaar en in sy eie stad gekom.
En hulle het ʼn verlamde man wat op ʼn bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlambe: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.
En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man praat godslasterlik.
En toe Jesus merk wat hulle gedagtes was, sê Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in jalle harte?
Want wat is makliker, om te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Steen op en loop?
Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe-sê Hy vir die verlamde men: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
En hy het opgestaan en huis toe gegaan.
En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so ʼn mag aan die mense gegee het.
2023-03-08 15:26:29 +00:00
En toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ʼn man met die naam van Mattéüs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.
En terwyl Hy in die huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy disiepels aan tafel.
En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy disiepels: Waarom eet julle Meester saam met Jesus en sy disiepels aan tafel.
Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.
Maar gaan leer wat dit deteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot dekering.