From 06a47e395ed9e75cb92866a5bb439f15b6cde4f9 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Fri, 24 Mar 2023 16:01:29 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 45:1-18 --- 19/45 | 18 ++++++++++++++++++ 1 file changed, 18 insertions(+) create mode 100644 19/45 diff --git a/19/45 b/19/45 new file mode 100644 index 0000000..2a0b21a --- /dev/null +++ b/19/45 @@ -0,0 +1,18 @@ +Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. ʼn Onderwysing. ʼn Lied van liefde. +My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande ʼn Koning; my tong is die pen van ʼn vaardige skrywer. +U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig. +Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid; +en ry voorspoedig in u heerlikheid, terwille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer! +U pyle is skerp (volke val onder U!); hulle tref in die hart van die Koning se vyhande. +U troon, o God, is vir ewig ne altyd; die septer van u koninkryk is ʼn regverdige septer. +U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde - olie bo u metgeselle. +Al u klere is mirre en alewee en kassie uit ivoorpaleise maak snarespel U bly. +Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir. +Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader; +en as die Koning u skoonheid begeer - want Hy is u Heer - buig u dan voor Hom neer. +En die dogters van Tirus - met geskenke sal hulle u guns soek, ja die rykstes van die mense. +Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding. +In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring. +Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in. +In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. +U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir eiwg en altyd.