diff --git a/3/13 b/3/13 index 5925eea..a467b64 100644 --- a/3/13 +++ b/3/13 @@ -47,3 +47,13 @@ Al die tyd wat die plaag op hom is sal hy onrein wees. Onrein is hy; alleen moet Verder as daar 'n kledingstuk die plaag van melaatsheid is, in 'n kledingstuk van wol of linne; of in die skeerdraad of die inslag van linne of wol, of in 'n vel of enige leerwerk; en die aangetaste plek in die kledingstuk of in die vel of in die skeerdraa of in die inslag of in enige leer-voorwerpe lig-groen of rooierig is, dan is dit 'n plaag van melaatsheid, en dit moet vir die priester gewys word. +Die priester moet dan die aangetaste plek bekyk en die aangetaste voorwerp sewe dae lank opsluit. +Dan moet hy op die sewende dag die plek bekyk; as die plaag versprei het in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in die vel, vir watter diens die vel ook alverwerk is, dan is die plaag 'n kwaadaardige melaatsheid; soiets is onrein. +Daarom moet hy die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag van wol of van linne of van enige leer-voorwerp waarin die aagetaste plek is, verbrand; want dit is 'n kwaadaardige melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word. +Maar as die priester sien dat die plek in die kledingstuk of in die skeerdraad of in die inslag of in enige leer-voorwerp nie versprei het nie, +dan moet die priester beveel dat hulle die voorwerp was waar die plek aan is; en hy moet dit nog 'n keer sewe dae lank opsluit. +As die priester dan die aangetaste voorwerp bekyk nadat dit gewas is en sien dat die voorkomste nie verander het nie, dan die dit onrein; jy moet dit met vuur verbrand. Dit is 'n invreting aan die agter-of aan die voorkant. +Maar as die priester sien dat die plek nadat dit gewas is, dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag uitskeur. +Maar as dit nog in die kledingstuk of in die skeerdraad of in die inlag of in enige leer-voorwerp gesien word, dan is dit 'n melaatsheid wat weer uitbrek; jy moet die aangetaste voorwerp met vuur verbrand. +Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leer-voorwerp wat jy was-as die plek daaruit verdwyn het, moet dit nog 'n keer gewas word, en dit sal rein wees. +Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid en 'n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leer-voorwerp, om dit rein of onein te verklaar.