From 662bdf2e429b9287c2b94386d36c095c52d4612c Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Eunice van der Merwe Date: Mon, 17 Oct 2022 16:39:29 +0200 Subject: [PATCH] =?UTF-8?q?Voeg=20by=20N=C3=BAmeri=205:1-10?= MIME-Version: 1.0 Content-Type: text/plain; charset=UTF-8 Content-Transfer-Encoding: 8bit --- 4/5 | 10 ++++++++++ 1 file changed, 10 insertions(+) create mode 100644 4/5 diff --git a/4/5 b/4/5 new file mode 100644 index 0000000..3d66cde --- /dev/null +++ b/4/5 @@ -0,0 +1,10 @@ +En die HERE het met Moses gespreek en gesê: +Gee bevel aan die kinders van Israel, dat hulle uit die laer wegstuur al die melaatse en almal wat ʼn vloeiing het en almal wat deur ʼn lyk onrein is. +Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinig waar Ek onder hulle woon nie. +En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die HERE met Moses gespreke het, so het die kinders van Israel gedoen. +Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: +Spreek met die kinders van Israel: As ʼn man of vrou enige menslike sonde doen, sodat ontrou teen die HERE gehandel word, en dié siel skuldig word, +dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat skuldig is, tenvolle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet die aan dié gee teen wie hy hom skuldig gemaak het. +Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, dan behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die HERE, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen. +En elke heffing van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle na die priester bring, moet syne wees. +En elkeen se heilige gawes-dit moet syne wees; wat iemand aan die priester gee, moet syne wees.