From b1567c77cb6b462b55ebf42acbcaa78365bceeb0 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Thu, 23 Mar 2023 17:22:00 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 44:1-17 --- 19/44 | 17 +++++++++++++++++ 1 file changed, 17 insertions(+) create mode 100644 19/44 diff --git a/19/44 b/19/44 new file mode 100644 index 0000000..da91fd2 --- /dev/null +++ b/19/44 @@ -0,0 +1,17 @@ +Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ʼn Onderwysing. +O God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het dit ons vertel: ʼn werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd. +U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarteen laat uitspruit. +Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie oorwinning gegee nie; maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U ʼn welbehae in hulle gehad het. +U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob. +Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan. +Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie. +maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak. +In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela. +En tog het ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie. +U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus. +U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi. +U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie. +U maak ons ʼn smaad vir ons bure, ʼn spot en beskimping vir die wat rondom ons is. +U maak ons ʼn spreekwoord onder die nasies, ʼn hoofskudding onder die volke. +My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my; +weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.