diff --git a/3/18 b/3/18 new file mode 100644 index 0000000..c201fc1 --- /dev/null +++ b/3/18 @@ -0,0 +1,11 @@ +Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: +Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die HERE julle God. +Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land van Kanaän waar Ek julle na toe bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettings nie wandel nie. +My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God. +Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy deur hulle kan lewe. Ek is die HERE. +Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. +Jy mag nie die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie: sy is jou moeder-jy mag haar skaamte nie ontbloot nie. +Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader. +Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore-hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie. +Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter-hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou skaamte. +Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is-sy is jou suster,haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.