diff --git a/4/10 b/4/10 new file mode 100644 index 0000000..ec19c33 --- /dev/null +++ b/4/10 @@ -0,0 +1,10 @@ +Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: +Maak vir jou twee silwertrompette; van dryfwerk moet jy dit maak; en hulle moet vir jou dien om die vergadering bymekaar te roep en om die laers te laat opbreek. +As hulle dan daarop blaas, moet die hele vergadering by jou bymekaarkom by die ingang van die ingang van die tent van samekoms. +Maar as hulle op een daarvan blaas, moet by jou bymekaarkom die owerstes van die stamhoofde van Israel. +En as julle alarm blaas, dan moet die laers opbreek wat aan die oostekant staan. +En as julle die twede keer alarm blaas, dan moet die laers opbreek wat aan die suidekant staan. Alarm moet hulle blaas as hulle moet opbreek. +Maar as die vergadering by mekaar moet kom, moet julle blaas, maar die alarm nie maak nie. +En die seuns van Aäron, die priesters, moet op die trompette blaas; en dié moet vir julle 'n ewige insetting in julle geslagte wees. +En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat vir julle beveg, moet julle met die trompette die alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal van jul vyande verlos word. +Op die dag as julle vrolik is sowel as op julle feestye en by die begin van julle maande moet julle op die trompette blaas by jul brandoffers en by jul dankoffers: hulle sal dien om julle in gedagtenis te bring voor die aangesig van julle God. Ek is die HERE julle God