From f0a4905c602287c60da932351f00a2aa11bddc87 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Jun 2022 14:07:28 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 9:1-21 --- 19/9 | 21 +++++++++++++++++++++ 1 file changed, 21 insertions(+) create mode 100644 19/9 diff --git a/19/9 b/19/9 new file mode 100644 index 0000000..28597aa --- /dev/null +++ b/19/9 @@ -0,0 +1,21 @@ +Vir die musikleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun." 'n Psalm van Dawid. +Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel. +In U wil ek bly wees en juig; ek wil u Naam psalmsing, o Allerhoogste, +omdat my vyhande agteruitwyk, struikel en omkom van u aangesig af weg. +Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gesit op die troon, o regverdige regter! +U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd. +Die vyhand het omgekom - puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja dié het vergaan. +Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel. +En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg. +So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid. +En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE! +Psalmsing die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade. +Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie. +Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood; +sodat ek al u roemryke dade kan vertel in die poorte van die dogter van Sion, dat ek kan juig oor u heil. +Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het. +Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajōn. Sela. +Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet. +Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie. +Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word! +o HERE, jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela.