Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. ʼn Onderwysing. ʼn Lied van liefde. My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande ʼn Koning; my tong is die pen van ʼn vaardige skrywer. U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig. Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid; en ry voorspoedig in u heerlikheid, terwille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer! U pyle is skerp (volke val onder U!); hulle tref in die hart van die Koning se vyhande. U troon, o God, is vir ewig ne altyd; die septer van u koninkryk is ʼn regverdige septer. U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde - olie bo u metgeselle. Al u klere is mirre en alewee en kassie uit ivoorpaleise maak snarespel U bly. Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir. Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader; en as die Koning u skoonheid begeer - want Hy is u Heer - buig u dan voor Hom neer. En die dogters van Tirus - met geskenke sal hulle u guns soek, ja die rykstes van die mense. Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding. In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring. Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in. In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir eiwg en altyd.