En toe die kinders van Israel, die hele vergaering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe. En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe vergader hulle teen Moses en Aäron. En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maat gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het! En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe? En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie. Daarop gaan Moses en Aäron van die vergadering as weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan hulle. En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Neem die staf en laat die vergadering bymekaarkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink. Toe neem Moses en Aäron die staf voor die aangesig van die Here weg soos Hy hom beveel het. En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat bymekaarkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei? Daarop op tel Moses sy hand op en slaan die rots tweemaal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.