Afrikaans-1933/1/31

21 lines
2.4 KiB
Plaintext

Toe hoor hy die woorde van die seuns van Laban, dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s'n was; en uit wat ons vader s'n was, het hy al hierdie rykdom verwerf.
Jakob het ook meteens aan die aangesig van Laban gesien dat hy nie meer vir hom was soos gister en eergister nie.
En die HERE het vir Jakob gesê: Gaan terug na die land van jou vaders en na jou famielie; en Ek sal met jou wees.
Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea veld toe roep na sy kleinvlee
en sê vir hulle: Ek sien aan die aangesig van julle vader dat hy teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar die God van my vader was met my.
En julle weet self dat ek mat al my krag julle vader gedien het;
maar julle vader het my bedrieg: hy het my loon tienmaal verander. Maar God het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie.
As hy sê: die gestippldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes.
So het God dan die vee van julle vader weggeneem en aan my gegee.
Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en in 'n droom gesien dat die bokke wat dat die bokke wat die kleinvee bespring, gestreep, gestippel en bont was.
En die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek!
En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokke wat die kleinvee bespring, is gestreep, gestippel en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen.
Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My 'n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland.
Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: Het ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader?
Word ons nie deur hom as vreemdelinge beskou nie? Want hy het ons verkoop en ons geld ook gedurig deurgebring.
Want al die rykdom wat God van ons vader weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Doen dan nou alles wat God jou gesê het.
Toe maak Jakob hom klaar, en hy laai sy kinders en sy vroue op die kamele,
en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän.
Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer, het Ragel die huisgode van haar vader gesteel.
En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.