Afrikaans-1933/19/3

10 lines
717 B
Plaintext
Raw Permalink Normal View History

2022-10-26 10:03:13 +00:00
ʼn Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.
2022-06-25 12:02:47 +00:00
o HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.
Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.
2022-10-26 10:03:13 +00:00
Maar U, HERE, is ʼn skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.
2022-06-25 12:02:47 +00:00
Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.
Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.
Ek sal nie vrees vir tienduisende vna mense wat rondom teen my gereed staan nie.
Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.
Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.