Afrikaans-1933/19/46

7 lines
543 B
Plaintext
Raw Normal View History

2023-03-24 14:49:22 +00:00
Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. ʼn Lied.
God is vir ons ʼn toeflug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
Daarom sal ons nie vrees nie, al wankel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die seë.
Laat die waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy verheffing! Sela.
Die stroompies van ʼn rivier maak die Godstad bly, die heiligdom van die woninge van die Allerhoogste.
God is daar binne - in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.