Afrikaans-1933/3/13

26 lines
3.8 KiB
Plaintext
Raw Normal View History

2022-07-12 14:14:29 +00:00
Verder het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
As 'n mens in die vel van sy vlees 'n swelsel of uitslag of ligte vlek het, en die in die vel van sy vlees 'n plaag van melaatsheid word, dan moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word;
En die priester moet na die aangetaste plek in die vel van die vlees kyk. Het die hare of die plek wit geword, en lyk dit of die plek dieper is as die vel van sy vlees, dan is dit die plaag van melaatsheid. As die priester dit sien, moet hy hom onrein verklaar.
2022-07-14 13:20:58 +00:00
Maar as dit 'n wit vlek in die vel van sy vlees is en dit nie dieper lyk as die vel nie, en die hare daarvan nie wit geword het nie, dan moet die priester die angetaste persoon sewe dae lank opsluit.
As die priester hom op die sewende dag bekyk en sien dat die aangetaste plek, volgens hy kan sien, dieselfde gebly het, die plek nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester hom nog 'n keer sewe dae lank opsluit.
Bekyk die priester hom dan op die sewende dag nog 'n keer en sien hy dat die aangestate plek dof van kleur geword en die plek in die vel nie versprei het nie, dan meot die priester hom rein verklaar. Dit is 'n uitslag; en hy moet sy klere was, dan is hy rein.
Maar as die uitslag werklik in die vel versprei nadat hy hom aan die priester vertoon het om rein te word, dan moet hy hom nog 'n keer aan die priester vertoon.
En sien die priester dat die uitslag in die vel versprei het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid.
As die plaag van melaatsheid aan 'n mens is, dan moet hy na die priester gebring word.
2022-07-14 14:25:08 +00:00
En as die priester sien dat daar 'n wit swelsel in die vel is wat die hare wit gemaak het, terwyl daar wilde vlees in die swelsel groei,
dan is dit 'n verouderde melaatsheid in die vel van sy vlees, en die priester moet hom onrein verklaar. Hy moet hom nie opsluit nie, want hy is onrein.
Maar as die melaatsheid so geweldig in die vel uitbreek, dat die melaatsheid in die hele vel van die aangetaste persoon van sy hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die oë van die priester kan sien;
en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet die priester die persoon rein verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein.
Maar so hou as wilde vlles in hom gesien word, sal hy onrein wees.
en as die priester die wilde vlees sien moet hy hom onrein verklaar. Die wilde vlees is onrein dit is melaatsheid.
Maar as die wilde vlees weer weggaan en hy wit word, dan moet hy na die priester kom.
As die priester hom dan bekyk en sien dat die aangetaste plek wit geword het, dan moet die priester die aangetaste persoon rein verklaar; hy is rein.
Maar as daar in die vlees van hom, naamlik in die vel, 'n sweer is en gesond word,
maar in die plek van die sweer 'n wit swelsel of 'n rooierige wit vlek kom, moet hy hom aan die priester vertoon.
As die priester sein dat dit deiper lyk as die vel, en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is 'n plaag van melaatsheid, dit het in die sweer uitgebreek.
Maar as die priester dit bekyk, en daar geen wit hare op is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae opsluit.
En as dit werklik in die vel versprei, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is 'n plaag van melaatsheid.
Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie versprei het ni, is dit die litteken van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar.
Of as in die vlees, in sy vel 'n brandplek van vuur is en die nuwe vlees van die brandplek 'n rooierige wit of wit vlek is;
en die priester dit bekyk en sien dat die hare op die ligte vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, dan is dit melaatsheid; in die brandplek het dit uitgebreek. Daarom moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.