Afrikaans-1933/40/5

34 lines
4.0 KiB
Plaintext
Raw Normal View History

2021-11-06 08:49:33 +00:00
En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, kom sy disiepels na Hom toe;
en Hy het sy mond oopgemaak en hulle geleer en gesê:
Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Salig si die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Salig si die sagmoediges, want sal die aarde beërwe.
Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
Salig is die wat vervolg word terwille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
Verdly en verherg julle, omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.
Julle is die sout van dei aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Vir niks deug die meer as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.
Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en die skyn vir almal wat in die huis is
Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werkekan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
2021-11-19 16:36:05 +00:00
Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie maar om te vervul.
Want voorwaar Ek sê vir julle, totdat dit hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gedeur het nie.
Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gedooie breek dit mense so leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat die doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
Want Ek sê vir julle dat as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.
Julle het gehoor dat dit ver die mense van die on tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg.
Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broer sonder rede kwaad is, verantwoording moet den voor die gereg; en elkeen wat vir sy broer sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het,
laat jou gawe daar voordie altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broer, en kom dan en bring jou gawe.
Wees gou goedgeind teenoor jou teëparty solank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat die teëparty jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en jy in die gevangenis gewerp word nie.
Voorwaar Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlike nie uitkom voordat jy die laaste oorjie betaal het nie.
Julle het gehoor dat daar vir die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie.
Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart al met haar egbreuk gepleeg het.
As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat eenvan jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
En as jou regterhand jou laat struikel kap die af en gooi dit wag van jou af; want dit is vir jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
Dit is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet vir haar 'n skeidrief gee.
Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
Verder het julle gehoor dat daar vir die mense van dit ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie meer jy moet vir die Here jou ede hou.