forked from getBible/Afrikaans-1933
Voeg by Job 15
This commit is contained in:
parent
269624bbde
commit
00add9b2d4
35
18/15
Normal file
35
18/15
Normal file
@ -0,0 +1,35 @@
|
||||
Toe het Élifas die Tamaniet, geantwoort en gesê:
|
||||
Sal ʼn wyse man met winderige wetenskap antwoort gee en sy buik vul met oostewind -
|
||||
deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?
|
||||
Ja, jý breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God.
|
||||
Want jou ongeregtighied gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.
|
||||
Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja jou eie lippe getuig teen jou.
|
||||
Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?
|
||||
Het jy in die raad van God afgeluiser en die wysheid na jou toe getrek?
|
||||
Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie?
|
||||
Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ouer in dae as jou vader.
|
||||
Is die vertroostinge van God vir jou te min, en ʼn woord met sagtheid jou toegespreek?
|
||||
Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so -
|
||||
dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan?
|
||||
Wat is die mens dat hy rein sou wees? En hy wat uit ʼn vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?
|
||||
Kyk, in sy heiliges stel hy geen vertroue nie; ja die hemele is nie rein in sy oë nie;
|
||||
hoveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!
|
||||
Ek wil jou inlig, luster na my; en wat ek gesien het wil ek vertel;
|
||||
wat die wyse manne verkondig sonder op iets te verberg, van hulle vaders af;
|
||||
aan hulle alleen was die land gegee en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.
|
||||
Al sy dae lewe die goddelose in angs, ja al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.
|
||||
Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom.
|
||||
Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.
|
||||
Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat hy gereed is, op hande, die dag van duisternis.
|
||||
Benoudhied en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos ʼn koning wat klaar staan vir die aanval;
|
||||
omdat hy sy han uitgesteek het na God en die Almagtige getrotseer het;
|
||||
(hy het Hom stormgeloop met uitgerekte nek, met die dik bulte van sy skilde;)
|
||||
omdat hy sy gesig met sy vet oordek en ʼn vetlaag op sy heupe gevorm het;
|
||||
en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestemd was om puinhope te bly.
|
||||
Hy word nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.
|
||||
Hy ondflug die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.
|
||||
Laat hom nie vertrou op nietigheid nie - hy kom bedroë uit! want nietigheid sal sy vergelding wees.
|
||||
Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak is nie meer groen nie.
|
||||
Hy laat sy groen druiwe onryp val soos ʼn wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos ʼn olyfboom.
|
||||
Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.
|
||||
Hulle is swanger van moeite en baar onhiel; en hulle skoot bring bedrog tot stand.
|
Loading…
Reference in New Issue
Block a user